‘n Betroubare bron vir omvattende dieregesondheid
MSD Dieregesondheid is ‘n wêreldwye, navorsinggedrewe maatskappy wat ‘n breë reeks veeartsenykundige middels en dienste ontwikkel, vervaardig en bemark. Ons verskaf een van die industrie se mees innoverende portefeuljes, met omvattende produkte vir die voorkoming, behandeling en beheer van siektes vir al die belangrike plaasdier- en troeteldierspesies.
Ons is ‘n hoogs pro-aktiewe, kragtige en diverse maatskappy met ‘n sterk, wetenskaplik bewese produkportefeulje met ‘n immer groeiende impak wêreldwyd.
Met kantore in meer as 50 lande, bemark ons ons produkte suksesvol in meer as 140 lande en bestuur ‘n netwerk van vervaardigingsaanlegte en navorsings- en ontwikkelingsfasiliteite ( R&D) oor die wêreld heen.
Ons doelwit is om waarde te skep en tot die voortgaande sukses van ons kliënte by te dra. Kortom, ons streef daarna om daagliks die vertroue van ons kliënte te wen. Deur aandagtig te luister na al ons aandeelhouers en deur die tevredenheid van kliënte voorop te stel as kernbeginsel van ons besigheid, verskaf ons innoverende, hoë kwaliteit en veral oplossinggedrewe produkte en dienste vir plaasdiere en troeteldiere.
Deur konstant die hoogste standaard in kwaliteit, professionaliteit en integriteit te handhaaf, beoog ons om die vennoot van keuse te wees vir veeartse, asook vir produseerders en eienaars van diere.
Ons produkte en dienste stel troeteldiere en mense in staat om hul samesyn te geniet en help om lewende hawe gesond te hou en daardeur veilige, heilsame en bekostigbare voedselvoorsiening te verseker.
MSD Dieregesondheid is ‘n goedgekeurde ISO 9001:2008 maatskappy.
