EQUILIS® STREPE

Horses

Produkklas

EQUILIS® STREPE



Reg. No. G3329 Wet 36/1947

 

English version

SLEGS BESKIKBAAR BY U VEEARTS

INDIKASIES

Equilis StrepE is 'n gevriesdroogde lewende entstof wat aanbeveel word vir die aktiewe immunisering van perde teen Streptococcus equi om die kliniese tekens en voorkoms van limfklierabsesse te verminder.

SAMESTELLING

Elke 0.2 ml dosis van hersaamgestelde produk bevat ≥ 10 9.0 en ≤ 10 9.4 cfu van lewende Streptococcus equi stam TW928.

DRAGTIGHEID EN LAKTASIE

Equilis® StrepE kan in dragtige en lakterende merries gebruik word.

DOSIS

0.2 ml van die hersaamgestelde entstof.

Die ampulle moet nie geskud word tydens samestelling nie.

INENTINGSPROGRAM

Basiese Inenting: Perde vanaf die ouderdom van 4 maande moet twee inentings van een dosis, met 'n 4 weke tussenpose gegee word.

Herinenting: Een inenting van een dosis voor elke verwagte risiko period.

AANBIEDING

10 x 1 dosis.

REGISTRATIEHOUER

Intervet S.A. (Pty) Ltd
Co. Reg. No. 1991/006580/07