RESPIRAVAX™
Indikasies
Respiravax is ‘n geïnaktiveerde entstof vir die inenting van kalwers en dragtige koeie om bees respiratoriese siekte veroorsaak deur bees herpes virus 1 (IBRV), bees virale diarree virus tipe 1 (BVDV), parainfluensa virus 3 (PI3V) en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica, te verminder of te voorkom.
Berging
Berg tussen 2 °C tot 8 °C. Moenie vries nie.
Vermy langdurige en herhaalde blootstelling aan hoë omgewingstemperature nadat die entstof uit die yskas gehaal is.
Beskerm teen direkte sonlig.
Samestelling
Respiravax word gereed vir gebruik voorsien. Dit bevat chemies geïnaktiveerde BHV1 (IBR), BVD tipe 1 en PI3 virusse, sowel as ‘n leukotoksien-bevattende selvrye supernatant van Mannheimia haemolytica, geadsorbeer op alhidrojel. Virusse word in weefselkultuur vermeerder, geïnaktiveer met formaldehied en verdun na 106 TCID50/dosis vir BHV1, PI3V en 105 TCID50/dosis vir BVDV. Die leukotoksien komponent is ‘n verdunning van die selvrye supernatant van ‘n drie-uur fermentasiekultuur. Die entstof bevat geen preserveermiddels, behalwe formaldehied.
Waarskuwings
Onttrekkingsperiode: 21 dae.
Moenie inent binne 21 dae voor slagting nie.
Ent slegs gesonde diere.
HOU BUITE BEREIK VAN KINDERS EN ANDER ONINGELIGTE PERSONE.
Anafilaktiese reaksies kan voorkom, alhoewel skaars.
Indien 'n allergiese reaksie voorkom, behoort binnespierse adrenalien toegedien word.
Alhoewel hierdie entstof deeglik onder ‘n verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal vir verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg u veearts en verwittig die registrasiehouer.
Voorsorgmaatreëls
Volg aseptiese prosedures. Maak seker dat alle inentingstoerusting (spuite, naalde ens) skoon en steriel is, voor gebruik.
Sorg dat alle toerusting skoon en steriel gehou word gedurende inenting.
Hou die entstof koel en vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende inenting.
Vernietig enige ongebruikte entstof deur byvoorbeeld verbranding en vernietig alle entstof houers na inenting.
Gedeeltelik gebruikte houers moet nie vir latere gebruik geberg word nie. Nadat die entstof oopgemaak is, moet die inhoud binne tien ure gebruik word.
Dit is goeie inentingspraktyk om kontak met die oë, hande en klere te vermy wanneer entstowwe hanteer word.
Gebruiksaanwysings
GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Die entstof is veilig vir gebruik in dragtige of lakterende beeste.
Ent slegs gesonde diere.
Meng die inhoud deur die houer ten minste ses keer om en terug te dop.
Dosis
Ent 1 mℓ per dier onderhuids
Aanbevelings vir gebruik
Ent dragtige koeie ses tot agt weke voor kalwing. Koeie wat nie voorheen met Respiravax geënt is nie, moet met ‘n skraagdosis gespuit word (1ml) na vier weke, m.a.w. 3-4 weke voor kalwing.
Kalwers van ingeënte koeie behoort vanaf ouderdom drie maande ingeënt te word.
Kalwers van koeie wat nie ingeënt is nie, mag op enige ouderdom ingeënt word.
'n Skraag inenting behoort na 4 weke en dan jaarliks toegedien te word
Immuniteit begin na 10 dae ontwikkel en diere behoort na drie weke beskerm te wees (die entstof kan nie volledige beskerming in alle diere waarborg nie).
Aanbieding
Bottels wat 10 mℓ (10 dosisse), 20 mℓ (20 dosisse) en 100 mℓ (100 dosisse) bevat.
REGISTRASIEHOUER
Intervet S.A. (Edms) Bpk
Privaatsak X2026, Isando, 1600
Tel. No. +27 11 923 9300 Faks No. +27 11 974 9320