SOVEREIGN®

Cattle

Produkklas

SOVEREIGN®



Reg. No. G3831 Wet 36/1947

 

English version

 

AANDUIDINGS

Vir die behandeling en beheer van Ivermektien vatbare:

Gastro-intestinale rondewurms

·         Bruinmaagwurm (Ostertagia ostertagi),

·         Haarwurm (Haemonchus placei),

·         Beesbankrotwurm (Cooperia spp.)  

·         Knoppieswurm (Oesophagostomumradiatum)

Longwurm (Dictyocaulus viviparus)

Oogwurm:Thelazia spp.

Lewerslak:  Fasciola hepatica, F. gigantica.

Bosluise:Rhipicephalus spp. (Blou bosluise)

 

BERGINGSAANWYSINGS

Berg onder 30 ºC (kamertemperatuur). Beskerm teen lig.

Maak houer toe wanneer nie in gebruik nie.

 

WAARSKUWINGS

SLEGS VIR UITWENDIGE DIEREGEBRUIK.

·         Onttrekkingsperiodes

Vleis

MOENIE VIR MENSLIKE VERBRUIK SLAG BINNE 39 DAE VAN LAASTE BEHANDELING NIE.

Melk

MOENIE IN DIERE WAT MELK PRODUSEER VIR MENSLIKE VERBRUIK, GEBRUIK NIE.

·         Gebruik slegs in goed geventileerde areas of buitekant.

·         Die antiparasitiese aktiwiteit van ivermektien en triklabendasool mag benadeel word as dit op vel, besmet met skurfte of letsels of met dermatose of vullis bv. modder of mis, aangewend word.

·         Hou buite bereik van kinders, oningeligde persone en diere.

·         Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes.  Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en verwittig die registrasiehouer.

 

VOORSORGMAATREËLS

·         Vermy kontak met oë.  In geval van toevallige besmetting, hou oë oop en spoel met water vir ten minste 15 minute.  Raadpleeg ‘n dokter.

·         Dra rubber handskoene tydens aanwending van die produk en was na elke dag se gebruik.

·         In geval van vergiftiging raadpleeg ‘n dokter en stel hierdie etiket tot sy beskikking.

 

 

GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI

SOVEREIGN moet toegedien word langs die bolyn van die middel van die rug vanaf die middle tot op die stertwortel.

·        Die produk behoort aangewend te word met ‘n aanbevole toediener met ‘n waaier spuitkop.  Gaan die akkuraatheid van die aanwender na, voor- en gedurende gebruik.

·         Doseer die kudde volgens die swaarste dier (liggaamsmassa) in die groep (koeie, bulle, kalwers, verse, ens.)

·         Om oordosering te vermy in die geval van variasie van grootte in die groep, verdeel die dosis in twee of meer strepe gebaseer op liggaamsmassa.

·          MOET NIE OORDOSEER OF ONDERDOSEER   NIE.

·          Beeste behoort geweeg te word met skale of met ‘n weegband.

·         Dit is nie goeie bestuurspraktyk om diere te behandel wanneer hulle nat is, of as reën verwag word kort na behandeling nie

·        Om operateurs te beskerm teen kontak met SOVEREIGN wanneer agtereenvolgende behandelings toegedien word, behoort SOVEREIGN laaste aangewend te word.

 

Dosis

1 mℓ/10 kg liggaamsmassa. 

Doseringstabel

Liggaamsmassa

(kg)

Dosis

(mℓ)

1behandel

( ± kop)
< 1001 mℓ/10 kg100 of meer
101 – 1501566
151 – 2002050
201 – 2502540
251 – 3003033
301 – 3503528
351 – 4004025
401 – 4504522
451 – 5005020
501 – 5505518
551 – 6006016
601 - 6506515

Diere wat meer as 650 kg weeg moet ‘n bykomstige 5 mℓ /50 kg ontvang.

 

Doseringstabel

Liggaamsmassa

(kg)

Dosis

(mℓ)

5 behandel

( ± kop)
< 1001 mℓ/10 kg500 of meer
101 – 15015333
151 – 20020250
201 – 25025200
251 – 30030166
301 – 35035142
351 – 40040125
401 – 45045111
451 – 50050100
501 – 5505590
551 – 6006083
601 - 6506576

 Diere wat meer as 650 kg weeg moet ‘n bykomstige 5 mℓ /50 kg ontvang.

DOELTREFFENDHEID

Onvolwasse

Volwasse

Beheer teen hersmetting

vir (dae)

Bruin maagwurm (Ostertagia ostertagi)**14
Haarwurm (Haemonchus placei)**14
Beesbankrotwurm (Cooperia spp.)**14
Knoppieswurm (Oesophagostomum radiatium)**21

Longwurm (Dictyocaulus viviparus)

**
Oogwurm (Thelazia spp.)
Lewerslak ouderdom2 weke4 weke6 wekeVolwasse
Lewerslak (F. hepatica)****

 

*   Beheer = > 90 % doeltreffend

**  Behulpsaam in die beheer van = 60 – 89% doeltreffend

Hierdie lys bevat die belangrikste endoparasitiese spesies.  Dit kan ook effektief teen ander spesies gebruik word.  Vir verdere inligting raadpleeg u veearts.

 

OMGEWINGSVEILIGHEID

Medisynehouers en enige residuele inhoud moet veilig weggegooi word (bv. deur dit te begrawe of te verbrand), aangesien vry ivermektien negatiewe effekte op visse en sekere waterorganismes kan hê.